Hierdie is die eerste uitgawe van die Nel Nuusbrief. Siende dat vele vriende gevra het vir fotos van die troue en wittebrood is dit die grootste fokus van hierdie skrywe die troue fotos. Die wittebrood fotos volg in die volgende uitgawe.

Voor die Troue

Die laaste weke en dae wat die troue vooraf gegaan het was baie dol. Liesbet se huis moes leeg gedra word en al die goed moes ‘n staanplek/bereplek kry in ons nuwe huis. Verder was hulle besig om ‘n nuwe muur om ons huis te bou [sodat ek die hond (en Liesbet :>) ]  in die erf kon hou na die troue. Die huis is natuurlik nou baie vol (so much vir ons minimalistiese styl….)

 

Ons is die Woensdag voor die troue af Bloem toe. Die pragtige bruid, rok in die hond, per vliegtuig en die bruidegom, bestman, een best babe en die kat (karmi) moes maar gesquash tussen ‘n vrag ander goed afry tot in Bloem. Michael het meeste van die bestuur werk gedoen wat darem die bruidegom ‘n kans gegee het om bietjie te kon uitrus.

 

Donderdag (D Dag min 1) het die aankoms van die ander best babe (mine) en troukar chauffeur (herman) gebring. Baie reelings in die laaste dag, baie mooimaak, en ‘n klomp aankope en die vou van al die kerkprogramme moes nog gebeur. Die dag was egter vol opwinding en vreugde. Die aand gaan die vroue tuis by die Holiday Inn en die mans rus by ‘n (minder luukse…)  gastehuis.

Die dag van die troue

Beide die mans en vroue eet ‘n ordentlike ontbyt. Michael besluit dat daar niks gesonds (soos muesli en yoghurt)  in die ontbyt mag wees nie, so die grootste Wimpy ontbyt was in die kol. Die bruidegom finaliseer gou die honeymoon en ontvang die laaste fakse by sy toekomstige skoonouers. (Dis mos hoe julle vir Willie ken.)

 

Teen 9h30 is die bruidspaar op die dansbaan om gou die laaste keer die tango deur te draf. Kerswas in die houers gegooi, vertrek ons weer na die verskeie aantrek venues. Michael verbaas die broers nel deur vir hulle elk ‘n massage te reel by die Annique Masseer Salon in Pellisierpark (darem met die bruid se goedkeuring). DIT WAS HEMELS!!! Beveel dit aan vir enigeen wat bietjie uitgestres raak by die werk.

 

Terug by die Holiday Inn het die titteweit begin. 11h00 die haarkapper, 12h00 die make-up en tussendeur moes die best babes nog gou hulle klere reg kry vir die troue, PR speel, en self hulle gesiggies en hare laat opsmuk.

 

 

  

 

Om 13h00 is die bruidegom gou na sy viool begeleier toe om net weer vir ‘n laaste keer die song vir die kerk te oefen (By the way, die DJ het die vorige aand gereken dat daar maar ‘n plan B moes wees, want Willie sou tog nooit die song in die kerk gesing kry nie…Vat so katvis!!).

 

 

Om 13h30 ontmoet die egpaar mekaar vir die eerste keer

 

 


By ‘n klein skuur op ‘n plot buite bloem wat Liesel (die fotograaf al die pad uit pretoria) die vorige dag uitgesoek en skoongemaak het.

 

 

 

 

 

 

 

 

           

                     Liesbet is selfs beautiful in swart en wit          En ek is mal oor haar al lyk ek so ernstig

 

 

 

Hierna vertrek ons na die ou verbrande treintrok (wat vroer ‘n restaurant was) waar ons

fotos neem saam met die res van die jongmens entourage.

  

 

     

Charlie Chaplin was ook by die troue       -   En het vir Liesbet kom wegneem om na die boomlaning te gaan vir die    

                                                                        volgende foto sessie

 

 

En die bruidegom kry die kans om die bruid te soen voor die troue

(o wee, moenie vir julle ma hulle se nie. Dit bring blykbaar mos vreeslik ongeluk….)

 

Ons strompel in die laning af (en die best babe kry haar laaste kans om bietjie met die bruidegom te flirt..)

 

 

 

Die Tree Fellows band net voordat hulle moes kerk toe gaan…       en die shoowap girls in die agtergrond

 

Met die Chifon mantel oor die kop getrek lyk Liesbet soos ‘n beeldskone, mistieke karakter uit Lord of the Rings

 

Van hier af is ons kerk toe…. Altwee TOTAAL rustig en met ‘n vrede in ons hart wat ons beide se verstand te bowe gegaan het. ‘n Vrede soos wat net die verhoor van ons gebede die vorige weke kon teweegbring. Eer aan God in die hoogste!!!


Die Kerkdiens

 


 

Plan B was toe nie nodig nie!!!

(Ek sing Richard Marx se Liedjie, Now and Forever terwyl Johan Smit my op viool help begelei.)

 

En ons is amptelik die Egpaar Nel

 

 


Die Onthaal

 

 

            

 

 

 

 

 

 

 

Ons Stap saam die saal binne op die musiek van Steven Curtis Chapman (I will be here)

 

 

 

 

 

Willie se speech onder toesnou van die skare (met sigare) en die aanval van die vroue!!!

 

 

 

Die Tango

 

 

Die partytjie verder die aand

 

 

Hoop julle het dit geniet!!!

Dankie vir al die ondersteuning en oproepe / emails / smse in die tyd van die troue. Ons waardeer julle vriendskap.

 

Willie en Liesbet Nel